Gim loop oor Tygerberg
2008-03-19
TYDENS Paarl Rugbyklub se 125ste bestaansjaar feesvieringe op Gim se velde het Gim se o.19A rugbyspan oortuigend afgereken met Tygerberg deur die klubspan met 78-0 te verslaan. Op Brackenfell se sportdag het Gim se o.14A’s met 10-10 gelykop gespeel teen Paul Roos se o.14A’s. Gim se o.14B span het Paulus Joubert se o.14A’s by Gim se velde met 69-0 geklop. * Deel van Gim se 150 Jaar feesvieringe is die 16de o.16 rugbytoernooi wat van môre tot Maandag by die skoolvelde aangebied word. Die sterk skole-rugbyspanne wat aan die toernooi deelneem maak dit seker een van die aanskoulikste en gewildste o.16 rugbytoernooie wat jaarliks plaasvind. Van die skole se o.15 spanne wat saam met Gim aan die toernooi gaan deelneem, is Affies, Brackenfell, Grey Bloemfontein, HJS, Boland Landbouskool, Oakdale Landbouskool, Paul Roos Gimnasium, Rondebosch en vele meer.
More
News
|