Jongelinge presteer in kanowedlope
2008-03-19
DIE WP kano-unie se junior snelroeie is verlede Saterdag vir die tweede keer in die Paarl gehou. Altesaam 75 kinders het deelgeneem aan die geleentheid wat op die Bergrivier aangebied is. In die afdeling vir seuns o.8, het Thomas Pretorius (1ste), Matthieu Mauger (2de) en Jamie Cowling (3de) die beste prestasies behaal. Hulle is almal van Bridge House. Marion van Zyl van die Paarl het eerste gekom in die afdeling vir dogters o.10, terwyl Martine Beukes (1ste, Bridgehouse), Abigail Stubbs (2de, Bridgehouse) en Maruwaan Minnaar (3de, Paarl) die beste gevaar het in die afdeling vir meisies o.12. In die afdeling vir seuns o.12 het Bradley Ruiters (Paarl) en David Meihuyzen (Bridge House) gelyk 1ste geëindig met Theo Moses van die Paarl wat die 2de plek beklee het. In die seuns o.14 afdeling was Daniel Buys (1ste, Bridge House), Luke Stowman (2de, Paarl) en Michael-Lee Farringer (3de, Bridge House) die uitblinkers. Vir die dogters o.14 het She-Earl de Wee van die Paarl die eerste plek beklee. Josef Williams en Divieano Pietersen van die Paarl het onderskeidelik eerste en tweede gekom in die afdeling vir seuns o.16. Vir die seuns o.18 het Chrisjan Coetzee (eerste, Paarl) en Michael Nutt (tweede Paarl) die beste gevaar. Jo-Anne Minnaar van die Paarl het eerste gekom in die meisies o.18 afdeling.
More
News
|