Sport telbord
2008-03-27
DIE volgende uitslae is onlangs in die Paarl en omgewing, of deur Paarliete, behaal. GHOLF Bergrivier gholfklub Enkel Syfer Pluskompetisie: 1ste - L Truter (+7); 2de - A Williams (+4); 3de - A Bailey (+4); 4de - C Nkomotse (+2). SEOI-NAGE JUDOKLUB Die volgende kinders het 1ste gekom in die Suid-Boland Ope te Van der Stel op Stellenbosch: Mathew Fortuin (o.24kg, groep 1); Zerkia Niehaus (o.44kg, groep 2); Hulen Manus (o.34kg, groep 3); Jermaine Pietersen (o.40kg, groep 3); Devaan Fortuin (o.46, groep 3); Johndre Meyer (o.66kg, groep 4); Pearston Meyer (o.73kg, groep 6). TWO OCEANS Solomon Ross van die Paarl het onlangs in sy 8ste Two Oceans Half Marathon deelgeneem. Met ’n tyd van 1uur en 30 minute was Ross die eerste Paarliet wat die wenstreep oorgesteek het. Hy het 370ste gekom uit 11 000 deelnemers.
More
News
|