EK verwys na die Paarl Post van 13 Maart en veral na die berig oor Ommiberg waarna verwys word dat “Paarl uiteindelik ’n fees het om op trots te wees”.
Graag verneem ek of dit dan beteken dat Paarl Post meen dat Cultivaria met meer as 40 000 besoekers dan nie iets is om op trots te wees nie.
Ons verwelkom uiteraard enige suksesvolle events vir die dorp wat veral ekonomiese groei en spandering teweegbring, maar ek glo dat die stelling bietjie verregaande is veral as in ag geneem word wat restaurante en verblyfplekke verdien uit Cultivaria en dat die dorp meer as R10 miljoen se ekonomiese inspuiting ontvang tydens Cultivaria.
Gerhard Meyer
Die verwysing was na wynfeeste om op trots te wees, aangesien die Paarl vir lank geen wynfees gehad het nie, en van die vorige wynfeeste omstrede was weens oormatige drankverbruik. Geen verwysing na die suksesvolle Cultivariafees was bedoel nie. - Red.