Stoeier slaan silwer los
2008-03-27
DIE Paarliet Coenraad de Villiers het as ’n lid van die Suid-Afrikaanse senior Olimpiese stoeispan deelgeneem aan die Senior Afrika-kampioenskappe wat vroeër die maand in Tunisië gehou is. Top stoeiers van altesaam sewe Afrika- lande het aan die toernooi deelgeneem en strawwe mededinging was aan die orde van die dag. WP-stoei beleef ’n puik jaar en het, saam met De Villiers, altesaam vier verteenwoordigers by die prestige toernooi gehad. De Villiers en Ike Bula Luffa (beide van Genesis Stoei Akademie) het elk ’n silwer medalje verower tydens die kampioenskappe. Ryan Abrahams van Goodwood Stoeiklub het ’n bronsmedalje ingepalm. Terence Bosson van Genesis Stoei Akademie kon teen strawwe teenstand net- net nie daarin slaag om ’n medalje te verower nie.
More
News
|