DAAR word gesê dat ’n hond jou beste vriend is. Nou hoekom kan die mens dan nie dieselfde wees vir sy troeteldiere nie?
Ek woon in ’n stil woonbuurt waar amper elke huishouding ’n hond of twee het.
Gedurende die Paasnaweek het ek tot die skokkende ontdekking gekom dat inwoners van my straat die hele naweek hulself by die kus of elders gaan geniet het, en hul diere aan hul eie genade oorgelaat het.
Meneer/Mevrou hoe kan u so wreed wees.Waar is u gewete?
Ek het toevallig gesien dat u honde gehawend voor u hek lê. Ek het ingegaan en gevind dat daar geen kos of water in die erf was nie.
Ek het water vir hul getap en vir hul gaan kosgee. Hoekom hou u diere aan as u nie vir hul omgee of aandag aan hul skenk nie?
Diere is deur die Skepper geskep om vir ons plesier te verskaf, maar u het ook terselfdertyd ’n verantwoordelikheid gekry om na hul om te sien.
Diereliefhebber
Suider-Paarl