Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


WP ontmoet Pumas op Faure

WP ontmoet Pumas op Faure
 
2008-03-27


SATERDAG lê Faurestraat-stadion die fondament vir ’n groot rugbydag in die Paarl wanneer WP teen die Pumas speel in ’n Vodacombeker wedstryd.

Bekende rugbyspelers soos Paul Delport, Pieter Louw en Wylie Human kan om 16:00 in aksie gesien word wanneer die wedstryd afskop.

Die Paarlstreekspan speel om 14:00 in ’n voorwedstryd teen die Super Liga A klubspan Oasis SK Walmers.

Om 12:30 gaan Paarlstreek se o.20 span in aksie wees teen SK Walmers se o.20’s.

Toegang vir volwassenes beloop R10 terwyl studente slegs R5 hoef te betaal. Toegang vir kinders onder die ouderdom van 12 jaar is gratis.

Spur en Coke sal verversings verskaf en daar sal ook ’n snoepwinkel en ’n biertent wees.

Verskeie ander vorms van vermaak sal deur die loop van dag aangebied word.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za