Geweld oor paasnaweek
2008-03-27
VIER mense is tydens die Paasnaweek in voorvalle van geweld dood. Aubrey van Rooyen is Saterdagaand dood op die plaas Naby, buite Wellington, toe hy met 地 mes in die nek gesteek is. Flippie Pedro, ook van Naby-plaas, is tans in hegtenis vir die moord. Mervyn Heyns is Sondagaand in Gansstraat, Wellington, met 地 skerp voorwerp gesteek tydens 地 argument. Hy is dieselfde aand aan sy beserings dood in die Paarl Hospitaal. Frederick Isaacs is in verband hiermee in hegtenis geneem. * Na 地 argument tussen 地 broer en suster in Simondium-plakkerskamp, is 地 jong man dood nadat hy met 地 stukkende bottel gesteek is. Hy was na bewering onder die invloed van drank. Nadat Steven Willemse (20) gesteek is, het hy gaan slaap, maar is die volgende oggend in sy bed dood aangetref. Hy het vermoedelik aan inwendige bloeding gesterf. Sy suster Patricia Thembo (18) het in die hof in verband hiermee verskyn. * In Phola Park, Mbekweni, is 地 man Maandagaand ook met 地 mes dood gesteek. Sandile Williams het vermoedelik in 地 argument betrokke geraak oor CD痴. Asanda Nohalayta is in hegtenis geneem vir die moord op Williams.
More
News
|