Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skaaktoernooi verloop suksesvol

Skaaktoernooi verloop suksesvol
 
2008-03-27


DIE Boland geslote skaaktoernooi was onlangs met groot sukses aangebied in die Paarl sportsaal.

Dertien spelers het deelgeneem en is opgedeel in groepe van twee volgens hulle Chesse rating.

Groep A het 5 rondes van 3 ure elk gespeel en groep B het 7 rondes van 2 ure elk gespeel X sodoende het elke speler teen alle ander spelers in sy groep gespeel.

In groep A was daar 2 WP- spelers wat van die Kaap afkomstig was en 4 Bolanders waaronder een ’n junior speler is.

Andrew Southey van Hermanus se getroue bywoning van skaaktoernooie is beloon deurdat hy as die wenner gekroon is in groep A.

Southey het hiermee ook sy Chesse rating met ongeveer 30 punte verbeter aangesien hy 2 sterker spelers geklop het.

In groep B het 2 junior meisies van die Boland, Philanie du Toit en Anna Damant, wat ook gereeld toernooie bywoon, ’n 1ste en ’n 2de plek behaal.

Alle uitslae en datums van toekomstige toernooie kan verkry word op die internet by http://bolandchess.angelfire.com/.

Die volgende groot Boland- toernooi is die Paarl Ope wat op 9 en 10 Mei gaan plaasvind in die Gemeenskapsaal.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za