Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vlammemuur om sinkhuise

Vlammemuur om sinkhuise
 
2008-03-27

Malané Bosman

DIE noodkrete van ’n vrou het Sondagoggend die gemeenskap van ’n plakkerskamp in Paarl- Oos uit hul hokke geruk - net om in ’n vlammemuur vas te hardloop.

Een van die opslaan-sinkhokke van die Chester Williams-kamp naaste aan Amstelhoflaan, het onverklaarbaar aan die brand geraak, het inwoners later vertel.

“Dit was net ná vyfuur Sondagoggend, en al nege families wat daar woon, het geskarrel om iets gered te kry,” het Alfred Pienaar gesê.

“Oral was rook. Gasbottels het geskiet.

Teen die tyd dat ons met ’n pyp van die naaste kraan af by die vuur kon kom, was die eerste huis al uitgebrand.”

Die enigste kraan wat die plakkersgemeenskap van meer as 40 siele dien, is sowat 20m van die naaste woning, met swak druk.

Ten spyte van die reddingspogings van die brandweer, is al nege opslaanhuise in minder as ’n uur verwoes.

Van die hokke is skaars ’n meter van mekaar opgeslaan.

Brandweerpersoneel kon wel keer dat die brand nie na die aangrensende baksteenhuise versprei nie.

Slegs een huis het aan die brand geraak, maar die vlam- me is geblus.

Rhoseena Isaacs het haar hondjie verloor toe dié in die chaos in hul brandende woning ingehardloop het.

“Oumeid het vir my gaan soek,” het Rhoseena later hartseer gesê.

“Sy het vreeslik sleg gebrand, en die polisie het haar toe weggeneem om te laat uitsit.”

* Forty people were left homeless after nine corrugated iron shacks in Amstelhof, Paarl East, were razed by a fire which swept through the area on Easter Sunday.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za