Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Raadslid in die hof vir aanranding

Raadslid in die hof vir aanranding
 
2008-03-27

Lise Beyers

DIE geskorste voorsitter van die ANC Boland, Dan Kotze, het verlede week vlugtig in die Paarl Landdroshof verskyn op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Hierdie aanklagte spruit uit ’n plaasaanval in Klein Drakenstein verlede jaar, toe Kotze na bewering handgemeen geraak het met die eienaars van Le Fût-plaas.

Kotze was deel van ’n oproerige skare wat betoog het teen die wettige uitsetting van ’n plaaswerker, Johannes de Water. Sy dienskontrak is in Desember 2006 beëindig weens dros, en die balju het vir hom en sy gesin vreedsaam van die plaas af begelei.

Dit is toe dat die skare van ongeveer 50 oproeriges op die plaas toe gesak het. Tussen hulle was onderandere ANC- raadslid Frans Koopman en BAWSI- president, Nosey Pieterse, saam met Kotze.

Tydens die aanval is Trevor Ernstzen so ernstig beseer dat hy breinskade opgedoen het. Sy vrou is ook verskeie kere geskop en geslaan.

Ernstzen kon sedertdien nie sy pligte as rekenaar deskundige voortsit nie.

Alhoewel slegs Kotze op hierdie stadium aangekla is, kan nog mense aangekla word vir dié plaasaanval.

Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel.

Intussen is Kotze saam met die res van die ANC Boland se bestuur geskors, nadat hulle onreëlmatig vir Drakenstein se burgemeester, Charmaine Manuel, geskors het.

Inwoners van Saron, waar Kotze ’n onderwyser is by Roodezandt Sekondêr, het hul ontevredenheid uitgespreek oor die feit dat Kotze meer betrokke is by politiek as by sy skoolpligte.

“Ons kinders word benadeel, want Kotze is dikwels nie by die skool nie, en dan is daar nie ’n ander onderwyser wat vir hom kan instaan nie.

Hy moet óf besluit dat hy toegewyd is aan onderwys, óf aan die politiek.”

* The suspended chairman of the ANC Boland, Dan Kotze, appeared in court last week on two charges of assault.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za