Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Enigste seun sterf in motorongeluk

Enigste seun sterf in motorongeluk
 
2008-03-27

Lise Beyers

DIE Paasnaweek het ’n tragiese draai gehad vir ’n egpaar van die Paarl, toe ’n motorongeluk die lewe van hul enigste kind geëis het.

Die treurspel het in die vroeë oggendure Sondag plaasgevind toe Riaan du Plessis (20) van Van der Lingenstraat omstreeks 02:00 in Stokeryweg in Wellington gery het.

Hy het vermoedelik van ‘n kuierplek in die nywerheidsgebied gekom toe hy op ’n draai beheer oor die voertuig verloor het.

Die BMW het verskeie kere gerol en Riaan is deur die oop sondak uitgeslinger, waarna die motor op hom te lande gekom het.

Volgens ’n ooggetuie wat by die ongelukstoneel stilgehou het, het Riaan gelewe na die ongeluk, maar het hy voor die aankoms van die ambulans gesterf.

Volgens hom het die motor se uitlaatstelsel sy middellyf vasgepen.

Riaan was ’n oud-leerder van Laerskool WA Joubert in die Paarl en van De Grendel in Milnerton.

Hy het eers saam met sy pa, Tienie du Plessis, gewerk in sy boukontrakteurs­onderneming, voordat hy ses maande gelede by ’n landbou-onderneming begin werk het.

Hy het by sy ouers gewoon.

Tienie is destyds ook ernstig beseer in ’n motorongeluk, en het ’n been verloor. Hy was ’n bekende in ovaalbaan motorwedrenne.

Riaan word oorleef deur sy pa en ma, Jessie, en ’n babadogtertjie, Anzel.

Die dankdiens vir Riaan se lewe is vandag om 11:00 in die Toringkerk.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za