Calene se seile blink
2008-03-27
Jaco van Wyk
DIE beste junior vroulike skipper op ’n Hobie Catt in die węreld! Dit is die status wat Calene Loubser, die 14-jarige leerder van Hugenote Hoërskool, tans geniet ná sy onlangs 13de geëindig het in die Seilwęreldkampioenskappe. Calene was deel van die amptelike Suid-Afri- kaanse span wat sake uitgespook het op die strande van Langebaan teen deelnemers van 20 verskillende lande. Volgens Calene is sy baie dankbaar aan haar ouers wat haar ongelooflik ondersteun met die sport, veral haar pa Abie Loubser, aangesien hy haar blootgestel het aan seil op ’n jong ouderdom. Abie het sy dogter ook vergesel na die węreldbyeenkoms, en saam met Calene se ma, jonger boeteie en jonger sussie, is dit ’n sport wat die hele gesin geniet om te beoefen. “Ek was ongeveer 9 jaar oud toe ek vir die eerste keer begin seil het,” sę Calene. “Ek het begin met ’n Optimist - ’n klein bootjie met 1 romp waarmee kinders alleen seil - by Vogelvlei Yacht Club naby Gouda.” Hierna het sy vir haar pa begin crew op sy Mosquito en so aan verskeie wedvaarte deelgeneem. Om die Skipper van ’n boot te wees, is egter die groot uitdaging, en verlede jaar in Maart het sy vir die eerste keer in die WP kampioenskappe by Saldanha die Mosquito geskipper, met haar pa as crew. Hulle het 7de geëindig en op 13-jarige ouderdom was sy die jongste skipper wat deelgeneem het. In Desember het kinders van regoor die land meegeding by Theewaterskloof vir die Suid-Afri- kaanse span. Calene was toe een van 10 kinders wat uiteindelik gekies is vir die span. Sy was die enigste dogters skipper wat die span gehaal het. Die “adrenaline rush” wat gepaard gaan met die sport is wat Calene die meeste geniet. “Die gevoel is moeilik om te beskryf,” sę Calene. “Aangesien ek teen so ’n verskriklike spoed gaan, skrik ek baie groot as die Hobie omval aangesien dit so vinnig gebeur.” “Ek sal definitief aanhou om te seil aangesien die sport besig is om te groei,” meen Calene. “Ek geniet dit ongelooflik baie, en met die Hobie Catt Youth Club, ’n oefenkamp waaraan ongeveer 60 kinders deelneem waarin hulle vir ’n week lank elke dag oefen, is die sport besig om al hoe meer blootstelling te kry.”
More
News
|