Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paryskloof landgoed ontwikkel

Paryskloof landgoed ontwikkel
 
2005-06-23


DIE plaas Carolina langs Klein Parys in die Paarl word tans ontwikkel as die Paryskloof landgoed, een van die eerste leefstyl- en sekuriteitslandgoedere wat in die afsienbare tyd weer bekend gestel word.

Bouwerk aan die muur rondom die nuwe Paryskloof Landgoed, asook die installering van dienste en paaie, vorder goed.

Hierdie ontwikkelingsgrond is in November 2004 deur Sun Quest Properties van die Paarl aan ontwikkelaars Kobus en Carine van Niekerk van Quotro Eiendomsontwikkelings verkoop.

Die grond, geleë agter die plase Parys en Groot Parys, was voorheen die eiendom van Jannie Louw.

Al 101 erwe is binne 17 dae aan die publiek uitverkoop sonder dat dit enigsins geadverteer is.

Die dienste en die sekuriteitsmuur en imposante ingang sal teen einde Oktober, voltooi wees, waarna bouwerk aan Plot en Plan huise sal begin. Private individue sal dan ook met die bou van hul wonings kan begin.

Toegang tot die landgoed is vanaf die Carolina-pad, net noord van die N1, binne maklike bereik van die snelweg, die middedorp en die nuwe Paarl Mall

Woonhuise in die ontwikkeling word volgens argitektoniese riglyne gebou, soos deur Japie Kemp Argitekte van die Paarl vasgestel en sal 24-uur bemande sekuriteit hê.

Die erwe wissel tussen 600vk meter en 1300vk meter, almal met prag-uitsigte oor die berge.

Bemarking vir die herverkoop van sommige van die erwe begin eersdaags.

Pryse sal wissel van R465 000 tot R800 000, vir van die groter erwe.

Plot en Plan huise sal teen middel 2006 voltooi wees en sal vanaf R1,3 miljoen bemark word.

Vir navrae, skakel Amanda Dreyer van Sun Quest by 872-7175.



More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za