Kom sit sommer by dié tafel
2008-03-27
UIT die pen van André le Roux het daar pas ’n bundel kortverhale, “Kom ons sit sommer by die tafel”, verskyn. Die skrywer sal Saterdag om 11:00 in Protea Boekwinkel op Stellenbosch met Melt Myburgh gesels oor dié besonderse versameling verhale. * Jannie Geldenhuys het onlangs twee fassinerende boeke gepubliseer, die humoristiese “South Africa is fantastik - Everyone’s guide how not to be politically incorrect” en “Dié wat gewen het - Feite en fabels oor die bosoorlog.” Saterdag 5 April om 11:00 sal dié skrywer ook in die Protea Boekwinkel wees om oor dié twee publikasies van hom te gesels. Skakel 021-882-9100 vir meer besonderhede.
More
News
|