Bonsaiboompies op veiling
2008-03-27
DIE jaarlikse veiling van bonsaiboompies deur die Boland Bonsaiklub vind plaas Saterdag om 09:00 in die Botaniese Tuin van die Universiteit van Stellenbosch. Ongeveer 20 bome sal opgeveil word, almal in ‘n goeie toestand, reeds gevorm en behalwe een sal almal reeds in spesiale bonsaibakkies wees. Onder die veilingbome is daar oa drie akasias, of doringbome, wat altyd gewild is by Suid-Afrikaners, vyf oliene, ‘n boerboon en verskeie ander. Die interessantste boom is ‘n tambotie van ongeveer 42cm wat deur Fritz Joubert van die Paarl gevorm is. Reserwepryse is geplaas op al die bome en die klub behou die reg om verkope terug te hou. Indien nie-klublede van hul bome wil laat opveil, kan hulle vir Pietman Retief by 082-554-1476 skakel. Daar moet in gedagte gehou word dat die klub 20% van die prys terughou vir administrasiekoste.
More
News
|