Outydse basaar op kerkplein
2008-03-27
DIE Pniel Congegational Kerk hou hul jaarlikse kerkbasaar Saterdag op die kerkplein van 09:30 tot 14:00. Dit is ’n geleentheid waar ou vriende weer ontmoet en te midde van groot opgewondenheid en bedrywighede tog die geleentheid sal hê om in die teetuin rustig te verkeer. Daar word voorsiening gemaak vir almal, ’n springkasteel vir die kinders, allerhande soorte speletjies en lekkernye, ’n verskeidenheid soorte winskopies te kies en te keur. Die plaasmark is gewoonlik ’n groot trekpleister. Vir die avontuurlustiges is daar die gewilde wiel waar sakkies aartappels, uie, vrugte, kartonne sigarette en nog meer gewen kan word. Indien u gebak uit die boonste rakke soek, sal u beslis nie teleurgestel word nie. Daar is geregte te kies en keur. So kom loer gerus in en kies uit die vele geregte.
More
News
|