Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pandjieswinkels onder vergrootglas

Pandjieswinkels onder vergrootglas
 
2008-04-02

Lise Beyers

’n VERMEENDE moordenaar van Kaapstad se spoor het na die Paarl gelei, kort na die gru-moord op ’n vrou in Blaauwbergstrand.

Die liggaam van Tania von Wielligh is op 14 Maart in haar juwelierswinkel in Blaauwberg aangetref.

Haar kop is vermoedelik deur ’n swaar kluis vergruis. Meer as R200 000 se juweliersware is hierna uit die winkel gesteel.

’n Paar dae na dié skokmoord is ’n vriend van Von Wielligh, Pieter Odendaal (37), in Simonstad in hegtenis geneem in verband met die moord.

Maar nie voordat Odendaal per trein na Huguenotstasie gereis het, by Lady Greystraat opgestap het, en sowat R2000 se goue juweliersware by ’n pandjieswinkel, Cash4Gold, verkwansel het nie.

Hierdie juwele het vermoedelik deel uitgemaak van die juweliersware wat gesteel is tydens die moord op Von Wielligh.

Die juweliersware is reeds aan ’n smeltery verkoop waar dit gesmelt is, is bevind toe die polisie Odendaal se spoor gevolg het.

Die eienaar van Cash4Gold, Grant Johnson, het gesê dat die juwele niks vreemds was nie, want daagliks kry hy kliënte wat soortgelyke goue goedere by sy winkel kom verpand.

“My ontvangsdame het die korrekte prosedure gevolg en die man se besonderhede in die register aangeteken. Hy het ook positiewe identifikasie getoon.”

’n Woordvoerder van die polisie in die Paarl, insp Hildegard Mackier, het gesê dat die verkoop van onwettige of gesteelde goedere aan beide pandjieswinkels en skroothandelaars nie geduld sal word nie.

“Dus het ons onlangs Operasie Thiba geloods om dié soort misdaad te bekamp.”

“Hiervolgens sal ons gereeld en sporadiese ondersoeke loods na hierdie winkels se bedrywighede.”

Enige winkel wat tweedehandse goedere verkoop, moet eers ’n permit bekom voordat hulle handel kan dryf.

Hierna sal die polisie vir hulle ’n amptelike register verskaf, waarin hulle al die besonderhede van die verkoper moet aanteken, asook ’n bewys van hul ID-doku- ment.

Goedere wat aan dié handelaars verkoop word, moet vir ten minste sewe dae by die winkel bly, voordat dit verkoop kan word.

Skroothandelaars word tans met ’n vergrootglas dopgehou, weens die voortgaande koperkabeldiefstal.

Die nuutste neiging in die Paarl, is dié van enige koperversiering aan huise.

By die Strooidakkerk is die gebou se gegote bronskenteken as nasionale gedenkwaardigheid uit die muur gebreek.

Hierdie kentekens word nie meer vervaardig nie, en nou het die kerk ’n nagemaakte een bestel wat uit graniet gemaak is.

Ten minste nog vier nasionale gedenkwaardighede se tekens is gesteel, asook talle huisnommers van koper op buitemure en koper knoppe aan deure.

“Skroothandelaars sal beslis onder die vergrootglas geplaas word, en indien hulle skuldig bevind word aan handel dryf in gesteelde koper, sal hulle voor die volle mag van die gereg gebring word.”

*The police will be keeping a watchful eye on the sale of secondhand goods.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za