Rugbyseisoen skop Saterdag af
2008-04-03
* Young Peoples speel Saterdag teen Collegians op Daljosafat-stadion. Alle o.20 spelers moet op die oefenveld aanmeld. Na afloop van die wedstryd word ’n disco aangebied by Jeff’s Pub. Toegang is R10. * Albions Rugbyklub speel Saterdag sy eerste Liga-wedstryd tuis teen Hands and Hearts. Daar sal ’n biertuin na afloop van die wedstryd wees by die huis van die voorsitter James Davids. Kontak Stevie Williams met navrae by 083-451-8967. * Violets speel Saterdag teen Gardens op Daljosafat. Die juniors begin om 10:00 met o.12 en o.14 spanne. Volgende Vrydag speel Violets in sy Derby- wedstryd teen Riverstones waarna daar ’n disco by Charlies Inn sal wees. Oefeninge geskied nou Dinsdae, Woensdae en Donderdae. Kontak 083-668-0231. * Paarl Rangers speel Saterdag hul eerste liga-wedstryd in Milnerton teen Harlequins. Busgeld beloop R20. Vertrektye is 11:30 vanaf Groenheuwel en 12:00 vanaf Drakenstein biblioteek. * Riverstones RFC speel Saterdag teen Laer Paarl op Daljosafat. Juniors begin om 10:00 te speel. Die klub hou Maandag bestuursvergadering om 19:30 by Orleansvale skool. * In ’n Boland Superliga wedstryd speel Hillcrest United Saterdag in ’n wegwedstryd teen Atlantics van Hermanus. Die bus vertrek om 10:00 vanaf Mannies Supermark. Busgeld is R50. Volgende Saterdag speel Hillcrest in hulle eerste tuiswedstryd van die seisoen teen Grabouw te Pelikaanpark. Kontak Denzil Damoney by 083-952-8306. * Saterdag speel Young Standards teen Vineyards op Boy Louw se A-veld. Standards oefen vanaf Dinsdag op William Lloyd Primêr se velde.
More
News
|