Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verpligtinge begin vir Streekliga

Verpligtinge begin vir Streekliga
 
2008-04-03


NA jare se meedinging in verskillende divisies van WPRFU kompetisies is die visie van ’n Paarl streek-rugbyliga uiteindelik verwesenlik.

Klubs wat die Streekspankonsep steun, begin Saterdag met hul ligaverpligtinge op Daljosafat en Allandale.

Klubs is verplig om junior spanne in te skryf en senior wedstryde word voorafgegaan deur o.12, o.14 en o.16 wedstryde.

Op Daljosafat se B-veld pak Young Standards vir Vineyards. Violets speel op die C-veld teen Young Gardens en Laer Paarl sê die stryd teen Riverstones aan op die D veld. In die ander wedstryd speel Allandale teen Windmeul te Allandale.

Wedstryde tussen junior spanne begin om 10:00 en hoofwedstryde om 16:00.

Keurders sal die wedstryde bywoon met die oog op die kies van ’n oefengroep vir die Paarl streek se eerste ligaverpligting op 1 Mei.

Ses streke is deur WPRFU geïdentifiseer om in ’n streekkompetisie teen mekaar mee te ding. Die finaal vind op 15 Augustus plaas.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za