Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Streekspan loop deur

Streekspan loop deur
 
2008-04-03


PAARL se Rugbystreekspan het Saterdag vasgeval teen SK Walmers in ’n vriendskaplike wedstryd op Faurestraat-stadion.

Die kragmeting het as ’n voorwedstryd vir die ontmoeting tussen WP en die Pumas plaasgevind.

Alhoewel die Streekspan by tye goeie rugby gespeel het, het SK Walmers uiteindelik die wedstryd gemaklik gewen met 26-10.

Die rustydtelling was 19-3.

Vir die Paarliete het Christopher Africa ’n drie gedruk. Enrico Davy het Africa se drie verdoel en ook geslaag met ’n strafskop na die pale.

Uitblinkers vir die streekspan was Hein Pretoruis, Marlen Snyders, Makkie Heyns en Yullin Claasen.

Volgens Herman Andrews, hulpafrigter van die Paarl Streekspan, was die wedstryd in ’n goeie gees gespeel en was die besoekers eenvoudig die sterker span.

“Daar lê egter harde werk vir ons voor met die eerste ligawedstryd wat op 1 Mei afskop.”




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za