Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington op koers teen Parow

Wellington op koers teen Parow
 
2008-04-03


DIE eerste rugbyspan van Wellington het Saterdag op sy tuisveld by tye sprankelrugby opgedis om NNK van Parow met 45- 15 die kaf te draf.

Wellington het eerste lont geruik toe die senter, Johan Kotze, ’n drie gaan druk het. Daniël Theron het sy drie verdoel.

Kort hierna het die skrumskakel, Gordon Johnson, goeie spel gelewer om agter die doellyn te gaan kuier vir sy span se tweede drie.

Met NNK se senter, Henry Koch, wat kort voor rustyd met ’n strafdoel na die pale geslaag het, was die rustydtelling 12-3.

Ná rustyd het die besoekers met ’n grootse poging vorendag gekom met die heelagter, Jason Robson, wat ’n drie gaan druk het. Koch het die drie verdoel.

Wellington het geleidelik die druk verwerk en beheer oor die wedstryd geneem toe die flank, JW Meintjies, vir die tuisspan gaan druk het.

Wellington se plaasvervanger heelagter, Frederick Viljoen, het die drie verdoel.

’n Blitzkrieg van drieë het gevolg toe Viljoen, Waldo Prinsloo (reserwe-agtsteman) en Jacques Meyer (vleuel, 2 drieë) agter die doellyn gaan kuier het.

Viljoen het drie van die vier drieë verdoel terwyl NNK slegs met ’n onverdoelde drie deur Paul Nel kon terugantwoord.

Wellington se fiksheid en mobiliteit het ’n duidelike invloed op die verloop van die wedstryd gehad.

Wellington se tweede span het met 38-0 gewen terwyl die derde span met 28-30 vasgeval het.

Dit was Wellington se laaste vriendskaplike wedstryde voor die liga Saterdag met ’n tuiswedstryd teen Abbotsdale begin.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za