EK wonder hoekom moet ons almal probeer krag bespaar, terwyl sommige mense doen net wat hulle wil. Ek wil graag aan die Drakenstein Munisipaliteit vrae vra in verband met plaaslike kragbesparing:
* Is dit wettig vir die mense wat in informele nedersettings woon, om onwettig krag na hul hutte te lei? Ek verwys na gebiede by Fairyland en omgewing wat lyk soos Kersbome van al die drade.
* Hoe gaan die munisipaliteit 10% krag, volgens Salga, bespaar as die onwettige praktyke voortduur?
Ek sal dit hoog op prys stel as die Munisipaliteit vir ons as getroue betalers wys dat hulle ons belange op die hart dra, deur daardie onwettige bedradings onmiddellik af te breek.