Gekwalifiseerde ouditverslag by Munisipaliteit
2008-04-03
DIT is skokkend om jaar na jaar te lees dat die Drakenstein Munisipaliteit ’n gekwalifiseerde ouditverslag van die Ouditeur-generaal ontvang. Indien voorgenoemde in ’n maatskappy sou gebeur waar daar aandeelhouers is wat se belange hier deur geskaad word, word drastiese aksie geneem teen bestuur en die verantwoordelike partye. Dit het tyd geraak dat eiendomsbelastingbetalers die munisipaliteit en bestuur verantwoordelik hou vir hul dade of onbevoegdheid om hul taak te verrig. Onbevoegdheid is baie duidelik die oorsaak van die gekwalifiseerde verslag en nie die ander klomp swak redes wat voorgelê word nie. Belastingbetalers dit is JUL geld wat so onverantwoordelik bestuur word! Kyk maar na die agteruitgang van dienste, dit is die direkte oorsaak van hierdie onbevoegdheid van bestuur. Waarom die mense sterk in hul onbevoegdheid en jou belastinggeld stort in iemand se salaris wat onbevoegd is? Kyk maar na die agteruitgang in ons parke, begraafplase, strate, dienslewering, bedrog by voertuigdienste van die munisipaliteit, om net ’n paar te noem! Ek dink hier is meer as net ’n skroef los. Die wiele het reeds afgeval en steeds stort ons belastings in ’n eindelose put waar onbevoegde bestuur die voordeel trek en nie verantwoordelik gehou word nie. Sny hul salarisse, geen bonuses en geen verhoging totdat ’n ongekwalifiseerde verslag uitgereik kan word. Elke bestuurslid van die munisipaliteit moet as deel van sy “performance contract” met die munisipaliteit gemeet word of ’n ongekwalifiseerde verslag uitgereik kan word in sy afdeling. Indien dit nie kan geskied nie moet hul geen verhoging of bonusse kry nie. Dit lyk my ons is besig om ‘n kultuur te skep waar “non-performance” vergoed word en oorgesien word. Ontstelde eiendomsbelastingbetaler
More
News
|