Skoliere skitter by atletiekbyeenkoms
2008-04-03
VERSKEIE Paarlse atlete het goed presteer by die afgelope SA hoërskole atletiekbyeenkoms op Rustenburg. Kirk Jacobs van HJS (5de o.15 100m hekkies), Kurt Ruiters van HJS (o.17 3de 200m, 7de 100m), Melissa Hewitt van La Rochelle (o.17 2de 100m, 4de 200m) en Kurtley du Plessis van HJS (o.15 2de 200m en 4de 100m) het almal goeie uitslae behaal tydens die byeenkoms. Henricho Bruintjies (o.15) van Klein Nederburg Sekondêr het ook ’n puik prestasies behaal by die op Rustenburg. Henricho het drie silwer medaljes verower: in die 100m (11,07 sek), die medley en in die aflos. * Darren Papier van Klein Boishaai het ’n silwer medalje in die 100m en ’n goue medalje in die 200m vir seuns o.13 behaal by die SA Laerskole atletiekkampioenskappe in Bellville. Dit maak hom dus die vinnigste laerskoolseun in SA in die 200m vir seuns o.13. Klein Boishaai se aflosspan vir seuns o.13 het ook ’n goue medalje verower waarin Darren een van die naellopers was.
More
News
|