Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Broers skitter by Suid-Afrikaanse kampioenskappe

Broers skitter by Suid-Afrikaanse kampioenskappe
 
2008-04-03

Jaco van Wyk

TWEE belowende, jong broers van die Paarl, Albert en Jerome Korf, het uitstekend gevaar tydens die SA skole-atletiekkampionskappe vir hoër- en laerskole wat onlangs plaasgevind het.
Terwyl die 14-jarige Albert, wat tans in graad 8 in Hoërskool Gimnasium is, goud verwerf het by die SA Hoërskole Kampioenskappe wat in Rustenburg plaasgevind het, het die 12- jarige Jerome silwer losgeslaan tydens die SA Junior Kampioenskappe wat by die Bellville Velodrome aangebied is vir laerskole.

Sedert Albert verlede jaar in Februarie met paalspring begin het, het hy reeds twee keer Boland en Wes-Kaap kleure in dié item verwerf.

Tydens verlede jaar se SA Kampioenskappe het hy ’n bronsmedalje ingepalm in die o.15 paalspringitem toe hy slegs 13 jaar oud was.

Albert het vanjaar weer Boland en Wes-Kaap kleure verwerf en ’n goue medalje losgespring in die o.15 paalspringitem op Rustenburg deur ’n wensprong van 3,90m te behaal.

Sy jonger boetie Jerome, wat tans in graad 6 is by Klein Boishaai, het hierdie jaar eers begin diskus gooi.

Die fris mannetjie het sy Bolandkleure gekry deur ’n wengooi van 33,6m te behaal en sy Wes-Kaap kleure met ’n wenafstand van 34,28m.

Alhoewel Jerome nie goud huis toe gebring het na afloop van die Junior Kampioenskappe nie, het hy weer ’n persoonlike beste afstand behaal deur die diskus 36,5m ver te slinger en sodoende die silwer medalje gewen.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za