Kunstemakietie in die Weskus
2008-04-03
DIE eerste Weskus Kunstemakietie skop af op 3 April en duur tot 6 April. Al die dorpe in die streek word betrek, van Langebaan, dwarsdeur Paternoster tot anderkant St Helenabaai. Met ’n magdom produksies, stalletjies, Weskuskos, kindervermaak en vele meer is daar iets vir almal. Kom luister hoe daar kitaar geslaan en sous-stories vertel word. Van Fanie Velskoen tot Ollie, Soli, Dozi, Theuns Jordaan, Valiant Swart en Kurt Darren gaan almal daar wees. Die fees is in die lewe geroep deur kultuurgeesdriftiges wat die behoefte en potensiële mark raakgesien het. Bekendes, belangstellendes en plaaslike inwoners kan ’n fees van hoogstaande gehalte te wagte wees. So, kom skud jou skubbe, druk jou tone in dié sand, vier fees tussen die sout van die aarde, die fynbos en die see en byt ’n bokkom. Verblyf is beskikbaar op die streeksdorpe Brittaniabaai, Hopefield, Jacobsbaai, Langebaan, Paternoster, Saldanha, St Helenabaai, Vredenburg en Velddrif wat gewilde vakansiebestemmings is en feesgangers die Weskus se kenmerkende gasvryheid sal laat beleef.
More
News
|