Ligte musiek en jazz
2008-04-03
AANHANGERS van ligte musiek en jazz kan in die Konservatorium se reeks konserte sien hoe van die land se blaasensembles hierdie genre met oorvloed en gees bemeester. Op 14 April om 20:00 in die Endlersaal, sal die Universiteit Stellenbosch Simfoniese Blasers, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-orkes Wes-Kaap en Duitsland se Phoenix Big Band, kragte saamvoeg om musiek van ’n ander keur aan gehore aan te bied. Skakel 021-8082358.
More
News
|