Klaviersimposium
2008-04-03
DIE tweede Stellenbosch Internasionale Klaviersimposium vind vanaf 8 tot 12 April plaas. Die Russiese pianis, Alexei Lubimov, wenner van verskeie internasionale toekennings en professor in klavier by die Mozarteum in Salzburg, sal as deel van ’n akademiese uitruilooreenkomste tussen die twee instansies aan die simposium deelneem. Hy sal meesterklasse aanbied en ook in die finale fakulteitskonsert op Saterdag 12 April optree. Kontak Nina Schumann op 082-443-9200 of Sibusiso Nkomo op 021-808-2358.
More
News
|