Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bekende skrywers by die Breytenbach

Bekende skrywers by die Breytenbach
 
2008-04-03


DIE Breytenbach-sentrum bied in April ’n paar programme aan waarna veral boekliefhebbers kan uitsien.

Die bekende radiopersoonlikheid Tossie Lochner gaan op 16 April om 19:00 in die program Mites en waarhede vertel van haar lewe in Italië.

Sy kom deel haar staaltjies oor hoe dit is om as Afrikaanse vrou in die buiteland te woon en deel haar passies en staaltjies oor die verskil tussen ons gewoontes en hoe die Italianers dinge doen.

Ter viering van Wêreld Boekedag op 23 April om 19:00, sal die gevierde skrywers Eben Venter en EKM Dido met mekaar kopstukke gesels oor hulle boeke en waar hul stories vandaan kom.

Dido se onlangse roman, ’n Ander ek, het lesers se verbeelding aangegryp.

Venter, wat op besoek is in Suid-Afrika, sal onder meer gesels oor sy veelbesproke roman, Horrelpoot, wat later vanjaar in Engels as Trencherman uitgegee word.

As deel van die boekedag-vie­ringe sal Eben Venter ook ’n paar skole in Wellington en omgewing besoek.

Beide produksies kos R80 en sluit ’n ete in.

Skakel die Breytenbach-sen­trum by 021-873­2786.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za