Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Namibiër sing in die Meul

Namibiër sing in die Meul
 
2008-04-03


DIE 26-jarige Namibiër, Stephan Ludik, tree Saterdag om 20:00 op in die Ou Meul-teater.

Saam met hom sal die Paarliet Marissa van Zyl optree.

Hy het miljoene TV-kykers en gehore bekoor as akteur en sanger.

Stefan staan nooit terug vir ’n uitdaging nie en toe die geleentheid hom voordoen in 2003 om in te skryf vir Big Brother Africa het hy dit met beide hande aangegryp.

Hy het dit reggekry om Afrika met al sy diverse kultuurgroepe te verteenwoordig en sodoende miljoene se harte gewen en selfs somming se knieë lam gemaak.

Sedertdien het hy homself bekendgestel as Werner Kranz, in M-Net se sepie, Egoli - Plek van Goud, en het hy daagliks by miljoene aan huis gekuier reg oor die kontinent.

Vroeg in 2006 het Stefan Egoli gegroet vir opnames aan sy nuwe CD, en om sy musiek na die mense te neem.

Sy liefde vir musiek kom van skooldae af. Hy het homself leer kitaar speel en mettertyd sy eie songs begin skryf.

So het hy aan sy repertoires begin bou en later genoeg materiaal gehad om ’n demo CD aanmekaar te sit.

Sy debuutalbum, Liggroen Doringbome, is in 2005 bekend gestel en sy splinternuwe nuwe album, Vuur en Water, is in 2007 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn bekend gestel.

Kaartjies is in R80.

Skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za