Hulp vir diabete
2008-04-03
DIE Paarl Diabetes Ondersteuningsgroep se volgende vergadering vind plaas op Woensdag 16 April om 19:00 in die Holy Trinitysaal in Hoofstraat, Paarl. Die onderwerp is “hulpmiddels vir diabete” en verskillende sprekers sal oor die produkte praat en voordele en nadele aan diabete verskaf. Bring ook enige diabeet of metgesel en belangstellendes saam om hierdie vergadering by te woon. * Die volgende vergadering is Woensdag 21 Mei en die onderwerp gaan oor wondversorging deur Louise Goslett. Vergaderings is elke derde Woensdag van die maand en bywoning is gratis. Vir navrae, skakel Kamaretha Beckert by 021-871-1808 of Gerrit Malan by 021-8711389.
More
News
|