Hier kom die bruidspaar
2008-04-03
TOEKOMSTIGE bruidspaartjies kan nou uitsien na Herfs FAB, die grootste bruideskou in die Wes-Kaap en ook een van die voorlopers in die land. Herfs FAB vind op Saterdag 3 Mei van 09:00 tot 17:30 en Sondag 4 Mei van 09:00 tot 17:00 in die Kaapse Internasionale Konvensiesentrum plaas. Enigeen wat binnekort trou of ’n spesiale geleentheid beplan, sal baat vind deur ’n besoek te bring aan hierdie uitsonderlike mooi ekspo met uitstallings van hoogstaande gehalte. Bykans enige diens of produk wat benodig word om die sukses van ’n troudag, spesiale okkasie te verseker, sal op tentoonstelling wees. Daar sal ontwerpers, dekorspesialiste, verhuringsdienste, koördineerders, blomkunstenaars, foto- en videograwe, venues, haar- en grimeerkunstenaars, skoonheidspa’s en produkte, drukkers wat spesialiseer in spesiale uitnodigings, motors, en nog baie meer wees. Stalletjies sal ook beman word om sodoende besoekers die geleentheid te bied om vrae te vra. Van die Kaap se voorste juweliers sal ook hulle ware ten toon stel, vir diegene wat nog net aan trou dink, of op soek is na ’n spesiale stuk juweliersware. Die meeste van die Kaap se bekendste bruidsrokontwerpers stal ook uit en hulle pragtige ontwerpe sal vertoon word tydens die modeskoue wat daagliks plaasvind. Buiten die bruidspaar, sal mans en dames wat belang stel in unieke uitrustings, of produkte/diens vir ’n spesiale geleentheid soos ’n matriekafskeid of jaareindfunksie, ook baat vind deur ’n besoek. Kaartjies vir die ekspo kos R60 en sluit die modevertonings in. Vir enige navrae, skakel 021981-4737.
More
News
|