ATKV bied Manne-aand
2008-04-10
DIE ATKV Wellington se Manne-aand vind Woensdagaand om 19:30 plaas in die Flappie Lochner-saal by Boland-stadion. ’n Lekker bord kos is ingesluit en ’n kontantkroeg is beskikbaar. Die aand se winste gaan aan die Voortrekkerbeweging. Die spreker is Jurgens Schoeman wat gaan vertel oor sy besoeke aan die slagvelde van die Grens-oorlog, veral Angola, waarheen hy ook toere onderneem. Kontak Hentas Kotze by 083-309-7411 of Albertus Marais by 083-644-0434, vir meer inligting of besprekings.
More
News
|