Ligte musiek en jazz in orkesreeks
2008-04-10
DIE tweede orkeskonsert in die Stellenbosse Konservatorium se reeks konserte, nooi aanhangers van ligte musiek en jazz om te sien hoe van die land se vooraanstaande blaasensembles hierdie genre met oorvloed en gees bemeester. Op 14 April om 20:00 in die Endlersaal, sal die Universiteit van Stellenbosch Simfoniese Blasers, die SA Nasionale Weermag-blaasorkes en Duitsland se Phoenix Big Band kragte saam smee om musiek van ’n ander kleur aan gehore aan te bied. Jeanine Bodenberger, ’n oud-Matie, sal met die Phoenix-band optree. Sy is die afgelope jaar ’n suksesvolle sanger in Duitsland se ‘jazz scene’. Die Universiteit van Stellenbosch Simfoniese Blasers, onder leiding van Pamela Kierman, het geen bekendstelling aan gehore nodig nie en sal die enigste werk van ’n klassieke agtergrond lewer: Gustav Holst se Militêre Mars. Die weermag Blaasorkes, onder leiding van Captain Martin Chandler, en die Phoenix Big Band, onder leiding van Frank Reichert, sal heeltemal wegbreek van die klassieke styl en werke en verwerkings van, onder meer Paul Webster, Taliep Pietersen, Ron Miller, Alfred James Ellis en Bobby Sharp uitvoer. Kaartjies is R90 (R70 vir pensionarisse en studente) en is beskikbaar by Computicket of voor die aanvang van die uitvoering by die Endlersaal-loket. Vir meer inligting of navrae, kontak die US Departement Musiek by 021-808 2358 of besoek hul webwerf by (www.sun.ac.za/music) vir meer inligting oor toekomstige aanbiedings.
More
News
|