Outydse kerkbasaar
2008-04-10
DIE Suider-Paarl NG Gemeente hou ’n regte outydse kerkbasaar op 9 Mei in en om die kerksaal vanaf 17:00 tot laat. Daar sal iets van alles te koop wees soos heerlike hamburgers, boereworsrolle en jaffels, koeke, terte, brood, beskuit, kleinkoekies, ’n stalletjie vol vars groente en vrugte, potjiekos, pannekoek, poedings, roosterkoeke met skaapstertjies, plante, tombola, geskenke, tuisgemaakte lekkers, heerlike biltong en droëwors, tuisgemaakte ingelegte vrugte, konfyt en blatjang, en ’n spotgoedkoop smullekker-ontbyt Saterdagoggend 10 Mei 08:00 tot 11:00. Daar sal ook hope pret vir die kinders met boeresport vir die hele gesin en nog vele meer wees. Daar sal heerlike voete-jeuk-klanke van die kontrei-sangers te hoor wees. Kuier net lekker saam en ervaar die gasvryheid van die gemeente terwyl jy jou honger stil met heerlike kos, jou dors les met verskillende drankies soos gemmer- en pynappelbier en vrugtesappe
More
News
|