Paarl Tuinbou hou uitstappie
2008-04-10
DONDERDAG 17 April vertrek Paarl Tuinbouklub se lede 07:45 van die Protea-aanbiddingsentrum vir ’n toer van drie tuine op Montagu onder begeleiding van landskapontwerper Jan Hagen. Op pad word daar gestop by Robertson se kwekery vir ’n kort besoek en tee. Die kaartjie van R170 vir lede en R195 vir nie-lede sluit vervoer, tolhekgeld, tee, gids en ’n ligte middagete in. Hulle keer laatmiddag terug. ’n Beperkte aantal kaartjies is beskikbaar tot 14 April by Mint & Magnolia, Hoofstraat 227, Paarl. Vir navrae skakel Léoné by 082-4154046 of 021-8630458 óf Retha by 021-8725620.
More
News
|