Skrywers gesels kopstukke
2008-04-10
TER viering van Wêreld Boekedag op 23 April sal die gevierde skrywers Eben Venter en EKM Dido in Wellington met mekaar kopstukke gesels oor hulle boeke en waar hul stories vandaan kom, om 19:00. Dido se onlangse roman, ’n Ander ek, het lesers se verbeelding aangegryp. Venter, wat op besoek is in Suid-Afrika, sal onder meer gesels oor sy veelbesproke roman, Horrelpoot, wat later vanjaar in Engels as Trencherman uitgegee word. As deel van die boekedag-vieringe sal Venter ook ’n paar skole in Wellington en omgewing besoek. Kaartjies kos R80 en sluit ’n ete in. Vir besprekings en navrae, skakel die Breytenbach-sentrum by 021-873-2786.
More
News
|