Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Spesiale week vir koorsangers

Spesiale week vir koorsangers
 
2005-06-29


DIE jaarlikse Schützweek, wat kerklike koormusiek bevorder, word van Sondag tot Sondag 10 Julie in die Paarl gehou.

Die SA Heinrich Schütz Vereniging, vernoem na die vader van die Evangelie-verbonde kerkmusiek, Heinrich Schütz (1585-1672). Dit is in 1968 gestig.

Die oogmerk van die week is om koorsangers prakties te laat deel in die hoë vlak instudering van daardie soort koorwerke wat die bestek van die normale kerkkoor oorskry: kerkkantates, dubbel- en meerkorige motette van die 16de tot die 18de eeu, koorwerke met instrumentale ensembles, á capella koorwerke uit die 19de eeur en moderne, eietydse komposisies.

Die Schützweek word gehou in die Manyano-konferensiesentrum in Sandstraat, Paarl.

Enige belangstellende koorsanger is welkom. Geen vooraf oudisies word gehou nie.

Nogtans word daar gepoog om aan die geestelike en eiesoortige aard van die musiek reg te laat geskied.

Vir elke koorweek word ’n befaamde, professionele koorleier uit Duitsland genooi om die koorleiding te behartig.

Vanjaar se leier, Kantor Heinz-Hermann Grube, is as hooforrelis en koorleier verbonde aan die Ev-Luth Johanneskirche in Lübbecke, Duitsland.

Daar word daagliks tot sewe ure gerepeteer en die koorweek sluit met ’n volledige kerkmusiekuitvoering af.

Dit vind plaas op Saterdag 9 Julie om 19:30 in die NG Toringkerk.
Navrae by Martin Stallman, 886-4361 ná 17:30.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za