Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Afrikaans kry grondwetlike tande

Afrikaans kry grondwetlike tande
 
2008-04-10


DIE Nasionale Forum vir Afrikaans (NFA) beoog die stigting van die Nasionale Afrikaanse Taalbelangeraad (NATB) tydens ’n byeenkoms op Vrydag 23 Mei en Saterdag 24 Mei in die Goodnowsaal op Wellington.

Registrasie is die Vrydag van 14:00 af en die verrigtinge begin om 15:00 gevolg deur ’n skemeronthaal.

Saterdag se program duur van 09:00 tot 13:00 gevolg deur ligte verversings vir die langpad.

Die vernaamste punt op die sakelys raak die voorgestelde statuut van die NATB.

By die beraad sal die aandag ook toegespits word op essensiële sake soos projekte oor en in verband met Afrikaans.

Ruim geleentheid vir verdere besprekings word geskep in besprekingsgroepe onder leiding van NFAbestuurslede. Die NFA word gesteun deur Pansat en die Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Verteenwoordigers van alle organisasies wat by die NFA geregistreer het (kultuurverenigings soos ATKV, Dames Aktueel, Rapportryers, Vriende van Afrikaans), is hartlik welkom by die stigtingsbyeenkoms.

Die aantal verteenwoordigers per organisasie wat die stigtingsvergadering kan bywoon, is nie beperk nie.

Verteenwoordigers van organisasies asook ander belangstellendes wat nie geregistreer is nie en wat belang het by die NATB, is eweneens welkom om die byeenkoms as waarnemers by te woon.

Hulle deelname aan besprekings sal verwelkom word.

Registrasiegeld is R150 per persoon. Vir navrae, kontak die Vriende van Afrikaans te Stellenbosch by vvafr@sun.ac.za; 0 021-808-3745 of 086-617-1287 of Posbus 3256, Matieland, 7602.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za