'n Aand saam met die manne
2008-04-10
SUID-AFRIKA se gewildste spanningsverhaalskrywer, Deon Meyer, en die debuutskrywer Quintus van der Merwe gesels op Dinsdag 22 April by die Taalmuseum ter viering van W靡eldboekedag. Op die program is 地 gesprek tussen die skrywers en Etienne Bloemhof van NB-Uitgewers, gevolg deur 地 gesellige buffet-ete en 地 informele vraesessie met die skrywers. Deon Meyer, 地 Paarliet van geboorte, is die eerste Suid-Afriュkaanse skrywer om die Duitse Krimi Preis in te palm, 創 misdaadfiksie-toekenning wat as die oudste en waardevolste in Duitsland beskou word. Sy boeke is onder meer vertaal in Engels, Frans, Duits, Nederlands, Italiaans, Spaans, Deens, Noorweegs, Romeens, Slovaaks, Tsjeggies en Bulgaars. Deon sal tydens hierdie geleentheid 地 bietjie die sluier lig oor sy nuwe boek, Dertien Uur (die eerste boek met meer as een woord in die titel sedert sy eerste), wat nou in wording is en teen Oktober 2008 op die rakke behoort te wees. Bottervisse in die j麥, Deon se gewilde kortverhaalbundel, is ook vanaf vandeesmaand weer in die boekwinkels beskikbaar. Quintus van der Merwe is 地 ouddiplomaat wat verlede jaar gedebuteer het met 地 ontspanningsroman, Die blou van onse hemel. Die verhaal het die diplomatieke lewe in Afrika en Europa as agtergrond. Die verrigtinge begin om 18:30 vir 19:00 en vind in die Historium Konferensiesaal by die Afrikaanse Taalmuseum in Pastorielaan plaas. Boeke deur die skrywers sal die aand te koop wees. Kaartjies teen R60 (buffet-ete en wyn ingesluit) is beskikbaar by 021-872-3441. Bespreek teen Vrydag 18 April.
More
News
|