Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gardens swoeg vir oorwinning

Gardens swoeg vir oorwinning
 
2008-04-10


YOUNG GARDENS het Saterdag gesukkel om Violets op Daljosafat-stadion met 11-3 te klop.

’n Goed gemotiveerde Violets het van die begin af vir Gardens op die agtervoet gehou. Volgehoue druk het daartoe bygedra dat Gardens baie ongedwonge foute begaan het.

Dit was veral Violets se pak voorspelers wat vir Gardens onder druk geplaas het.

Die rustydtelling was 3 elk.

Na rustyd het Gardens ’n paar taktiese skuiwe gemaak en gou-gou was daar ’n ommeswaai in hul spel.

Aswin Abrahams, die plaasvervanger-buitesenter, het die enigste drie van die wedstryd gedruk. Abrahams het ook ’n strafdoel behaal.

Gardens was die losskakel, Calvirgell Fortuin, het ook geslaag met ’n strafskop na die pale.

Gardens en Violets se tweede spanne het hul wedstryd gelykop geëindig met drie elk terwyl Violets III met 7-0 gewen het.

Violets speel môre teen Riverstones op Daljosafat met die eerste wedstryd wat om 18:30 afskop.

Saterdag speel Gardens teen Allandale op Gardenspark.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za