Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses United swoeg hard vir sege teen Villagers

Roses United swoeg hard vir sege teen Villagers
 
2008-04-10


ROSES UNITED moes Saterdag alles uithaal om ’n begeesterde span van Worcester-Villagers te klop in ’n Boland Premierliga-wedstryd wat op Pelikaanpark beslis is.

Die besoekers het in die eerste helfte die wind goed tot hul voordeel benut.

Worcester se voorspelers, met Kenny Africa junior aan die spits, het veral goed meegeding by die afbreekpunte.

Martin Nel het Roses se enigste drie in die eerste helfte aangeteken terwyl Garth April suksesvol was met ’n strafskop.

Worcester Villagers het rustyd met 22-8 voorgeloop.

Na rustyd het Roses egter goed teruggeveg.

Die tuisspan se voorspelers, aangevuur deur Shane Jacobs, het hul stempel al hoe meer afgedruk. Twee vinnige drieë deur Cornel Hendricks en Michael Abrahams het die tuisspan terug in die prentjie geplaas.

Hierna het Garth April die wedstryd vir die Rose beklink met ’n strafskop. Die eindtelling was 23-22 in die guns van die Rose.

Vir Roses het Cornel Hendricks en Lindile Skota agterlangs uitgeblink.

Roses United se tweedespan het hul eweknieë met 21-17 geklop terwyl Roses United III met 15-7 geseëvier het.

Die Rose pak eerskomende naweek vir Delicious op laasgenoemde se tuisveld op Ceres.”




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za