Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Węreldwenner Watson

Węreldwenner Watson
 
2008-04-10

Jaco van Wyk

GOEIE gene en die Here! Dit is waaraan Keenan Watson sy talent te danke het wat gehelp het dat hy onlangs die binnenshuise węreldkampioen in verspring, Khotso Mokoena, tydens die SA byeenkoms op Coetzenburg onttroon het.

Die 20-jarige Paarliet het Mokoena se titel by hom geneem ondanks die feit dat laasgenoemde die gunsteling was vir die byeenkoms op Stellenbosch.

Wat Watson se prestasie meer besonders maak, is die feit dat Mokoena met sy eerste sprong tydens die byeenkoms sy beste poging van die jaar gelewer het toe hy die Olimpiese kwalifiserende standaard oortref het (8,20m).

Alhoewel Watson se vorige beste prestasie op daardie tydstip 7,85m was, het die voormalige Boishaaier tydens die SA byeenkoms ’n reuse sprong van 8,26m gespring.

Watson, wat tans ’n student aan die Universiteit van Wes-Kaapland is, glo dat hy sy talent te danke het aan sy ma en pa wat self op hul dag uitblinkers in sport was.

Maar Watson besef dat talent mens net so ver bring en wat oefeninge aanbetref steek Watson nie lyf weg nie.

“Wanneer ek by die Universiteit is, oefen ek elke dag van die week, behalwe Saterdae en Sondae,” sę die nederige atleet.

“Dit hang egter af van die program af wat ek volg. Wanneer ek gedurende die vakansie in die Paarl op Daljosafat oefen, vat ek darem Woensdae ook af.”

Alhoewel Watson die Węreldkampioen onttroon het, kan sy afstand hom nie vir die Olimpiese Spele laat kwalifiseer nie aangesien die wind (+2,7m/sek) te sterk was.

Maar Watson beskou dit nie as ’n teleurstelling nie.

“Ek is glad nie teleurgesteld nie aangesien my doel was om na volgende jaar se węreldkampioenskappe in Berlyn te gaan. Wat op Coetzenburg gebeur het, was ’n bonus,” sę Watson.

“Die Olimpiese spele is wel die grootste atletiekbyeenkoms in die węreld en as ek dit nog kan maak, sal dit vir my ’n groot eer wees. Dit was egter nie nou al in my visier nie en as ek dit nie maak nie sal ek op ’n lang winterprogram gaan.”

Wat Watson se toekomsplanne betref is sy graad op die oomblik die belangrikste.

“As dit in die Here se wil is, sal ek graag eers my studies in Sport and Exercise Science wil voltooi. Ek het nog twee jaar van my kursus oor waarna ek ’n besluit sal neem oor of ek atletiek professioneel wil doen.”

Anders as ander studente van Watson se ouderdom is nagklubs nie sy ding nie aangesien “second-hand smoke” dit nie vir hom doen nie.

“Ek geniet dit eerder om basketbal te speel saam met my vriende of om rustige films te kyk.”

Wat ook al die jong atleet besluit om te doen, kan mens maar verseker wees: Keenan Watson is ’n naam wat nog een van die grotes in Suid-Afrikaanse atletiek gaan word




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za