Paalspringer skitter
2008-04-10
Taahirah Kozain, ’n graad 10 leerder aan Hoërskool Gimnasium, het onlangs ’n goue medalje verwerf in die afdeling vir dogters o.15 by die Hoërskole Atletiekkampioenskappe wat op Rustenburg aangebied is. Taahirah is tans onder die afrigting van Louis Nienaber by die Paarl Paalspring Akademie. Vanaf 18-19 April gaan Taahirah in die SA Jeug- en Juniorkampioenskappe in Tswane deelneem.
More
News
|