Boodskap teen dwelms
2008-04-10
KINDERS van die Peco-fietsryklub het ’n veldtog teen dwelms gehou in Nederburg. Die klub se fietsryers het in die strate gery met plakkate waarop boodskappe soos “Tik maak dood” en “A child in sport is a child out of court” aangetoon is. Peter Daniels, die organiseerder van die Peco-klub, sę: “Die doel van ons veldtog is om kinders aan te moedig om weg te bly van dwelms en eerder sport te beoefen. Soos almal weet, is Tik die grootste dwelmprobleem vir ons kinders in die omgewing.” Indien enige kinders belang stel om fietsry of ander sport te beoefen in Nederburg of om slegs deel te wees van die veldtog teen dwelms, is hulle welkom om by die klub. Skakel Peter Daniels by 083-316-5907.
More
News
|