Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polisie praat met Ysterkoei

Polisie praat met Ysterkoei
 
2008-04-10

Jules Krige

INWONERS van Paarl-Wes sê daar is vreemde klanke wat uit een van die huise vloei. Wat is dit? Is dit ’n voël? Is dit ’n vliegtuig?

Nee dit is die plaaslike musiekgroep Ysterkoei, en hulle is reg om te “rock ‘n roll”.

Ysterkoei is nie net van hier nie, hulle is sommer ook gestuur. Van waar kan net die bure raai. Ysterkoei is een van die Paarl se jongste musiekgroepe en hulle is propvol talent.

Soveel so dat hulle onlangs 56 ander musiekgroepe in die Rockspaaider musiek­kom­petisie in Kaapstad uitgestof het.

Groepe soos ‘Less Forsaken’, ‘Vrede ag- ter mure’ en ‘Legal Authority’ moes tweede viool speel toe Ysterkoei met die Rockspaaider louere wegstap.

Die groep van vier plaaslike skoliere se musiek bevat ’n tikkie van alles en is geensins saggeaard nie. Die musiek is kookwarm, ‘cool’ en hard.

Wanneer daar gevra was hoe hulle hul musiek beskryf, het die lede reguit geantwoord: “Ons beskou ons musiek as indi-Afri- kaanse folk rock. Indi staan vir ‘independent’ en is ’n baie unieke musiekkombinasie wat die x-generasie beslis gaan waardeer.

“Ons het onlangs so hard geoefen dat die polisie kom aanklop het by die voordeur oor die geraas,” sê Danie du Toit (ritmekitaar en sanger) met kwalik onderdrukte trots.

“Dit is ’n eer en elke “band” se droom om ten minste een keer deur die polisie stilgemaak te word,” sê Du Toit, “maar ons sal nie weer so ’n geraas maak nie, omdat ons nou in ’n spesiale kamer oefen.”

Danie en die ander lede, Fritz Laubscher (hoofkitaarspeler), Albert van der Merwe (baskitaar) en Moskou du Toit (tromspeler) is almal leerlinge aan Hoër Jongenskool. Almal is in graad 10 behalwe Moskou du Toit wat in graad agt is.

Danie du Toit sê dat skool nie vir hom so belangrik is nie en dat hy dit nie oorweeg om te studeer nie.

“Op die oomblik kry net die ‘band’ voorkeur,” sê hy.

Hul prys was ’n opnamekontrak by ‘One Big Room Studio’ in Johannesburg wat beteken dat hulle eerste CD binnekort vrygestel gaan word wat by van die bekendste CD winkels beskikbaar gaan wees.

Ysterkoei het al 25 liedjies geskryf en hulle is besig met die volgende 15 liedjies.

Elkeen van die lede maak ’n bydrae wanneer dit kom by liedjies skryf en Danie du Toit sorg vir die meeste van die woorde.

Du Toit sê dat hy van sy musikale leiding van Laurinda Hofmeyr, sy klavieronderwyseres en self bekende komponis, kry.

“Dit gaan maar moeilik wanneer dit kom by oefentye”, sê Danie du Toit, “want daar is min tyd om elke dag te oefen. Meeste van die oefentye word ingedruk tussen twee- uur en sesuur in die namiddag.

Danie du Toit se pa, Johan du Toit, sê hy is baie in sy skik met die seuns wat volgens hom verbasend musikaal is en dat die ouers die groep sterk ondersteun.

Danie en Albert het kitaar geleer speel op laerskool. Moskou sê dat sy tromspelery baie natuurlik gekom het toe hy met stokkies op die meubels begin speel het wanneer die ouens musiek gemaak het.

Toe word hy sommer genomineer om die dromme vir hulle te speel.

Ysterkoei tree gereeld by sokkies op en hulle is van plan om binnekort op te tree in die Meulteater.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za