Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011

Search WWW
Search Paarlpost

Krag gesteel te midde van kragkrisis

Krag gesteel te midde van kragkrisis
 
2008-04-10

Lise Beyers

DIS niks nuuts dat die hele land te midde van ’n kragkrisis is nie, maar ten spyte hiervan verloor munisipaliteite derduisende rande weens onwettige kragverbruikers.

In talle plakkerskampe word krag vanaf lewendige kragdrade herlei na informele wonings, en die onkoste van verlore elektrisiteit word dan op die ou einde deur die belastingbetaler gedra.

Dit is geen vreemde gesig om deur dele van Mbekweni of Fairyland te ry en hierdie ‘spaghetti’-bedrading te sien nie.

Hierdie bedrading word so genoem weens die hoeveelheid deurmekaar drade wat orals in die lug hang.

’n Woordvoerder van Drakenstein Munisipaliteit se nooddienste, het gesę dat hierdie onwettige bedrading geweldige kopsere vir hulle veroorsaak.

“Wanneer daar ’n noodgeval is en ons moet binne dié gebiede gaan, belemmer dit ons bewegings. Dikwels hang die drade baie laag en as ons dit afruk, lę daar lewendige drade op die grond wat mense se veiligheid bedreig.

“Dit vertraag ook ons reaksietyd in ’n noodsituasie soos ’n brand.”

Hierdie onwettige krag word gewoonlik verkry vanaf die straatligte se konneksies, en dan na die wonings gelei.

Hulle word gewoonlik in die lug gehou deur takke wat in die grond geplaas word.

“Ook laekostehuise wat wel kragvoorsiening het, maak eerder gebruik van onwettige krag, want hulle is eenvoudig nie bereid om daarvoor te betaal nie.

“Behalwe vir die finansiële verliese wat gelei word, hou dit ’n geweldige gevaar in vir die mense in die omgewing.

“Alhoewel geen ernstige gevalle van skok in die Drakenstein al gerapporteer is nie, is talle mense, veral kinders wel al lig beseer deur lewende kragdrade wat rondlę.

“Ons het reeds in die verlede operasies uitgevoer om die onwettige bedrading te ontkoppel, net om te vind dat dit die volgende dag weer opgerig is.”

Nog oortredings word begaan deur mense wat wel kragbokse by hul huise het en bedrading hieraan konnekteer wat na ander huise gelei word. Die krag word dan aan bure verkoop wat nie kragbokse het nie.

Inwoners van die gebiede is dit eens dat hulle enigiets sal doen om krag te gebruik, in plaas van gas en paraffien.

Sarah Pieterse wat reeds 15 jaar lank in ’n informele huis in Fairyland woon, het gesę dat haar huis al drie keer beskadig is weens brande wat ontstaan.

“Die brande word veroorsaak as kerse en paraffienlampe of -stowe om val. Ons is moeg hiervoor. Dis hoekom ons krag sal steel.”

En terwyl hierdie polemiek voortduur, lyk die toekoms maar bra donker.

Krag word tans onderbreek Dinsdae, Donderdae en Saterdae van 16:00 tot 18:30 in die Paarl en Mbekweni, en Maandae, Woensdae en Vrydae 20:00 tot 22:30 in Wellington en landelike gebiede (Slot van die Paarl).

* Despite the power crisis, huge amounts of money is being lost due to illegal power connections.

More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za