Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stof gaan nie lê ná brand op Paarlberg

Stof gaan nie lê ná brand op Paarlberg
 
2008-04-10


DIE beplande brand op Paarlberg is wel uitgewoed, maar die stof het nog lank nie gaan lê nadat die brand handuit geruk en duisende hektaar fynbos verskroei het nie.

Amptenare van die Munisipaliteit se parke-afdeling het verlede Maandag die berg aan die brand gesteek om ’n 200 hektaar blok met 13- jaar-oue fynbos aan die noordekant te brand.

’n Beweegrede was om die fynbos te hernieu omdat die ruie fynbos die groei van laer groeiende spesies onderdruk. Die berg word ook gereeld in blokke gebrand om die risiko van wegholbrande te verminder.

Die brand was Maandag egter vinnig buite beheer en die bystand van drie helikopters, twee opsporingsvliegtuie en addisionele brandslaners van Wynland Distriksraad en Cape Nature is ingeroep.

Paarliete het die skouspel dwarsdeur die dag en nag in verwondering gade geslaan, maar min mense het besef dat die berg aan die noordwestekant feitlik heeltemal afgebrand het.

Volgens boere in Agter-Paarl het groot bome afgebrand, boere se grensdrade is vernietig en vee moes inderhaas verskuif word.

Hulle is ook ongelukkig oor die feit dat hulle nie vooraf gewaarsku is oor die lank reeds beplande brand nie, en moes basies sien hoe die vlamme al hoe nader aan hul grond beweeg.

Een boer wat duisende rande se skade gely het weens heinings wat tot niet is, het gesê dat hy nie die saak daar gaan laat nie.

“Ek is tans besig om regsadvies in te win om stappe teen die Munisipaliteit te doen.”

Ekstra brandpaaie moes gemaak word om te verseker dat vaste eiendom op plase nie in die slag bly nie.

Inwoners eis nou antwoorde van die munisipaliteit.

“Hoekom is inligting oor die droë plantegroei, die voorspelde hoë dagtemperatuur en windspoed geïgnoreer?” vra ’n belastingbetaler.

Die vraag op vele lippe is ook: “Hoeveel het die skouspel gekos?”

* The controlled fire that went out of control on Paarl Mountain last week, has many a Paarlite hot under the collar.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za