Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moordenaar nog los

Moordenaar nog los
 
2008-04-10

Malané Bosman

HET Eben Schreuder in Mei 2005 sy vriendin se kleindogter verkrag en vermoor in die ouma se bed in Paarl-Oos?

Volgens die bevinding van ’n waarnemende regter van die Hoër Hof het hy wel, en daarmee is Shaun Arendse, die dogtertjie se pa, vrygespreek nadat hy drie jaar in aanhouding was vir dié gruwelike daad.

Klein Cameron se ouma wil haar (nou voormalige) vriend in die beskuldigde bank sien.

Schreuder sal egter nie vervolg word nie.

“Eben Schreuder word geensins met die verkragting, sodomie en moord verbind nie,” het Paarl- Oos polisie kommunikasiebeampte Diana Fransman dit duidelik gemaak.

“Die distriksgeneesheer het Eben Schreuder nie in die teenwoordigheid van die baba geplaas ten tyde van dood nie.

“Ook klop sy DNA met geen monster van die moordtoneel of van die vermoorde nie. Schreuder sal nie vervolg word nie.”

Menige inwoner van Paarl-Oos, asook die dogtertjie se jong ma en haar ouers in Eersterivier, is stomgeslaan oor die hofuitspraak.

Waarnemende regter André Oosthuizen het die getuienis van ’n negejarige ooggetuie bo die deskundige opinie van die staatspatoloog gestel.

Die seun het drie maande ná die moord aan ’n volwassene vertel dat hy die gru-nag gesien het hoe Schreuder vir Cameron vasgedruk en verkrag het terwyl sy ouma uit was om sigarette te gaan koop.

Shaun het tot die oggend om 03:30 by ’n sjebien gekuier

By sy terugkeer het hy klein Cameron na sy eie bed geneem waar hy haar die volgende dag om 10:30 nie kon wakker kry nie.

Sy is om 12:20 dood gesertifiseer, met ’n geskeurde lewer en vele kneusings as gevolg van druk op haar maag en mond tydens die gewelddadige aanval wat haar geslagsorgane geskeur gelaat het.

Volgens dr Deidré Abrahams is die beserings kort voor haar dood toegedien, en het Cameron nie langer as drie uur voor sertifisering gesterf nie.

Die staat se saak het berus op die mediese getuienis wat Cameron in haar pa se sorg geplaas het toe sy aangerand is. Die regter het hierdie opinie egter geïgnoreer.

“Die seun se getuienis was spontaan. Ek kan nie bevind dat die getuienis van die beskuldigde en Gilliano (die seun) nie redelik waar kan wees nie.

“Die beskuldigde, word vrygespreek.”

Chaos het in die hof losgebars, met Shaun se moeder Winnie (50) wat gillend uitgehardloop het en voor die hofdeure inmekaar gesak het.

Hofgangers is tot stilte gemaan terwyl Shaun, met trane in sy oë, vir die laaste keer in boeie na die selle gelei is.

Die Cordnums het lank na die uitspraak steeds in die stil hof bly staan.

“Ons het die saak in die hande van die Here gegee,” het die dogtertjie se ouma, Rosetta, sag gesê.

“Shaun het ’n tweede kans gekry. Hy moet nou die beste maak van sy lewe. Rozanne kan aangaan met haar studies in verpleegkunde.”

Buite die hof het vriende, wat met elke hofverskyning die jong man ondersteun het, Shaun luidrugtig op die skouers gedra toe die reuse-buitedeure van die Hooggeregshof vir hom oopgemaak is.

“Drie jaar lank het ons hom by die tronk moed ingepraat,” het Winnie Arendse gesê.

“Nou vier ons my seun se vryheid en ons dank die Here vir die wonderwerk en almal vir hul gebede en bystand.”

Eben Schreuder (47) is minder gelukkig. By sy woning in Ribbokstraat wonder ondersteuners hoe daar feesgevier kan word met ’n dogtertjie wat vermoor is.

“Dis ’n siek mens wat so iets gedoen het,” sê Schreuder, hoërskoolterreinopsigter.

“Ek het niks om weg te steek nie. Daarom het ek ook by die polisie daarop aangedring dat bloed en haarmonsters van my geneem en getoets word.

“Dit was toe die storie maande ná die moord skielik versprei word dat ek iets met die aaklige daad te doen gehad het. Ek wou my onskuld bewys, en die forensiese getuienis het dit gedoen.

“Dit was moeilike tye vir my en my vrou Elsie. Ek oorweeg nou steeds om met die hulp van ’n prokureur die klad op my naam te verwyder.”

* All charges have been withdrawn against Shaun Arendse, the young Paarl East father who spent three years behind bars awaiting the supreme court hearing after his baby daughter had been raped and murdered.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za